Ek deel 'n paar sterre-liggies:
26 February 2012
Kinder gesiggies!!
Aw ek lief kinders stukkend! Waar (klein) kinders is, is daar altyd 'n klok helder lag, harde stemmetjies, een masiewe gespelery en 'n doel vir die lewe! Kleintjies is met so min so gelukkig, maak van min, BAIE. En laat jou baie keer omkyk net om seker te maak jy het reg gehoor of gesien...
Ek deel 'n paar sterre-liggies:
Ek deel 'n paar sterre-liggies:
11 February 2012
Toiletpapier... Die beste wapen!
Ek is baie bang vir 'n spinnekop en hoe groter, swarter, leliker en hariger hy is, hoe meer histeries huil ek as ek een sien. Ek het so 'n maand terug my heel eerste een dood gegooi met die toiletpapier, toe eenkeer het die rol gevat en vier dood gedruk. Maar die eintlike storie gaan ek nou vertel...
Ons het net een stort op die werf en dis die een by die woonstel en kantoor. Ek is gek oor stort, so elke aand pak ek my tassie en stap rustig (partymaal op my senuwees) en gaan stort. Die kantoor is vrot van die spinnekoppe, alle kleure, grotes en ag nee noem dit.
(Net gou 'n gewone dag se stort: Kom by die kantoor, skuif die hande handdoek eenkant toe en hang my handdoek op. Dan skuif ek twee matjies voor en langs die een kant van die stort, anders swem die badkamer... Dan stort ek gou, trek aan, smeer partymaal my bene room in die kantoor. Was my hande, skuif die matjies en handdoek elkeen weer op hul plek. Kry al my goed weer bymekaar en loop terug huis toe.)
So kom gisteraand. Ek gaan stort na 'n dag se plant, geniet dit, maar doen dit vinnig, want ek wil goed by die huis klaar maak voor ek in die bed spring! Toe ek klaar is skuif ek die matjies en handdoek reg, gaan sit in die kantoor, smeer my bene room, spring op om my hande te was. Ek is net mooi tussen die badkamer se deur en die wasbak toe ek die DING sien (tussen die stort en blou kanne), ek kry net daar stilstuipe... 'n Rilling loop al langs my ruggraat af.
Meneer besluit toe hy wys my hy leef, al is hy bietjie nat!! Hy gee een treetjie, nogal weg van my af, toe gee ek DRIE agtertoe. Drie GROOT tree! Ek hol die badkamer in en gryp my plakkies en is weer soos blits daar uit! En eindig op die stoel aan die regterkant van die badkamer se deur en daar begin ek tjank...
Ek oorweeg weghardloop. Huis toe! Maar die gedagte skiet deur my kop, as ek hom nie nou vrek maak nie, weet ek nie waar hy is nie en netnou maak ek my lekker toe in my handdoek en dan loop meneer hier langs my gesig, op my handdoek, op my skouer. Dit sal soos GLAD NIE cool wees nie!! Dit gee my toe die moed om van die stoel af te spring, die badkamer in te hol en op die toilet te gaan staan. Daar bewe ek so groot soos ek is en ek tjank histeries!
Ek sak af tot op my hurke, hou die spinnekop aan my regterkant dop en haal die toiletpapier aan my linkerkant uit die houer uit. Maar ek bewe so ek kry dit skaars reg! Ek staan weer regop en rol die papier weer op (dit was amper meer af!). Ek lek die papier nat, sodat die helfte nie in die lug afrol nie. En toe GOOI ek om dood te gooi!!
Dis mis, dis wragties mis!! Super stressed, begin ek weer van voor af huil, want die toiletpapier is langs spinnekop en hy LOOP!! Ek spring van die toilet af, gryp die papier en wil net weer terug hardloop, toe ek besluit ek gaan die rol op hop 'drop'! Die papier raak skaars grond toe spring ek al uit die badkamer uit!
Ek loop stadig in, en begin die spinnekop bekruip. Daar is hy... Ek vries en kyk vir hom, hy het sy bene ingetrek en lyk nou na 'n klont grond. Ek kyk die toiletpapier wat so 'n sentimeter van hom af lê en tjank sommer weer. Toe doen ek soos blits...
Ek gryp die toiletpapier en ek hol uit!! Daar dink ek aan 'n plan. Ek moet hard gooi dat die papier weg hop. Ek bekruip weer die spinnekop, stadig maar met vasberading en 'n doel! Stop. Staan regop. Mik. En... Gooi, baie hard. Met een hop, hop ek met 'n massive gil, die papier en die spinnekop!!
Ek bekruip WEER die spinnekop! Gryp die papier en tjank 'n snotskoot! Ek moet net seker maak hy is mors dood, ek wil hom nie bewusteloos of half dood of net dood hê nie! Ek WIL hom mors dood, vrek hê! Dooier as dood!! Met 'n blits beweging, ek bedoel werklik vinnig, vinniger as my skaduwee, druk ek hom twee keer met die rol papier, spring op en hol uit die badkamer met die papier in my hand.
Nou moet ek vir spinnekop daar weg kry... Ek loop terug en kry vier ou rolletjies (wat gebêre word vir my tannie se Gr.R kinders vir kuns), druk dit in mekaar, kry sellotape en plak al die gate toe, behalwe een...
Ek vat my toegeplakte "pyp" en stoot die spinnekop tot hy in die ding is. Plak ek die laaste gat toe, bere hom voor in my sak, was uiteindelik my hande, gryp al my goed. En stap met mening, snuif snuif huis toe...
Hoop ek het jou dag gemaak! In die situasie was dit vir my glad die snaaks nie, maar nou... Dis hilarious!!

10 December 2011
Wit
| Bauhinia |
| Bauhinia |
| Bruid van die Bosveld (Drolpeer) |
| Oupa se aster.... |
Dis 'n vieslike bossie se blom, maar die blom het my aandag getrek oor sy snaakse blaartjies!
| Aarbei blomme |
| Ammarilla |
| Nuusskierige gesiggies |
08 November 2011
Leticia
'n Uittreksel uit Wikipedia:
Leticia, Letizia (and other variants), derived from the Latin greeting laetitia ("joy", "gladness", "delight",also the name Roman goddess of fertility and abundance), can refer to:
Places:
People:
En dan 'n gedig deur A.G. Visser:
“Laetitia”
‘n Lied van frisse maagde-skoon,
Blou oë waarin die hemel woon,
Van lokke wat met songoud gloei,
Van wange waarop rose bloei;
‘n Mond waar soentjies lonk en lag;
Op lippe roos en warm en sag,
Van hande vlug en wit en fyn,
Bekoorlikheid in elke lyn;
‘n Glimlag van onse Heer!
Lieftalligheid van Gods gena,
Laetitia Dulcissima!
04 November 2011
With love from Russia...
My oom kom vandag by die huis aan en roep my vanuit sy bakkie, toe ek 'n entjie weg is toe sê hy ek moet 'n skêr saambring... In my kop hol die moontlikhede rond, maar die logiese is dit 'n lisensie skyfie.
Ek gee vir hom die skêr en hy gee vir Andre 'n ballon, ek is van 'okay wow, dis seker weer iemand wat 'n spul helium ballonne die lug ingestuur het en dit nou iewers op die plaas, aarde toe gekom het.' Hy haal toe nog 'n ballon uit, maar die ballonne is aan rerig BAIE lint vas gemaak! Toe vra hy of ek 'n South Africa child is... Dis rerig weird, ek meen ek is hier gebore en tot nou toe bly ek hier, en hy weet dit mos, hys my oom! Daarna haal hy vir my 'n hasie van die lint af, en sê "To a South Africa child. With love from Russia"
Aw, dis 'n oulike klein bunny!
My oom het die klomp goed gekry waar hulle aan die draad gehang het.
Party ballonne was woes gekrap, ander het weer so erg gebars, Andre se dis spinnekoppe.
Thanks vir die ou wat die hasie gelos het, hy het huis gekry en ek like hom stukkend!

23 October 2011
Dis 'n weie draai, dis 'n Kaapse draai...
My boetie het SA's in gimnastiek gekry en ons is oppad Kgalagadi toe... Hier begin die Kaapse draai!
Die eerste nag het ons by Mokala oor geslaap, dit was ysig koud, maar dis 'n baie mooi plek! En het skoon en lekker geriewe! Ons het donker daar aangekom en is vroeg die volgende oggend op om op te pak en die reis verder aan te pak. Wat bietjie skokkend was, was die feit dat tussen my en noem dit nou buffel, wit of swart renoster, net 'n ge-elektrifieseerde draad van so kniehoogte is en dan 'n "hek" (ook van ge-elektrifieseerde draad) so enkel hoogte...
Die pad deur die Karoo is die langste en aakligste deel oppad af... Maar die keer het ons blomme gekry! Veral die perses!!
By Drie susters het ons skoonma se stoel gekry.
Die rede... Boeta het SA's!!!!
'n Photo-shoot langs die Breë-revier!
En in die wingerde.
Toe vat ons die pad noorde toe. Die was tussen Slanghoek en Van Puttensvlei. Dit was rerig mooi! Ek is mal oor die padstalletjie.
Uiteindelik sien ek die see!! Maar daai water is BRRRRRRR koud!!
Ek lief die see stukkend en geniet my gate uit, hoewel die boeties meer doen!
Ons het in Lambertsbaai 'n draai by die hawe gemaak.
En lekker seekos geëet met ons voete in die sand en die son wat sak oor die water!
'n Paar foto's op Van Puttensvlei.
Die skilpaaie was 'n groot treat!! En word rerig goed versorg!
Die was net voor ons die Wes-Kaap groet...
En die Noord-Kaap ingaan!
Die was op Die Mas, waar ons skaars 'n oog toe gemaak het die nag, en die donkie voor ons tent gebalk het. Ons sou twee aande oorslaap, maar na die aand se min slaap, pak ons toe op en vat die pad nog meer NOORD!
Terwyl ons verby die Augrabiese watervalle gaan moet mens seker stop en foto's neem.
Hoewel ek lekker gebrand en gesweet het, het die waterval dit die moeitewerd gemaak!
In die Kgalagadi is daar werklik baie voëls, vergeet van diere en kyk vir die voëls. Ek het so amper 'n vangs gesien, maar toe glip die slang in sy gat in en gaan sit voël op 'n tak.
Dan is daar darem diere, van groot tot klein, van interesant tot super interesant, van oulik tot super oulik!
My grootste wens was om 'n cheetah te sien, en die maak God my wens waar op die laaste dag! En ons sien drie volwassenes, vier jonges en een baba. Ek is min gespin oor 'n leeu, maar 'n cheetah... Wel die heel boonste twee fototjies is van die mamma en die baba, waar sy hom gaan haal het om te kom eet en onder die boom waar haar vangs lê en wag dat baba aan dit kan eet.
Hier kan jy sien dat ons baie by die swembad was en roomys geëet het. Dat ons lekker gekamp het en dat koffie en beskuit kan smile... En wel dat ons darem piekniek gehou het en die laaste sonsondergang afgeneem het.
Terwyl ons kinders in die swembad geboer het, het my pa kameelperde gesien. EN ek 'n skoenlapper langs die swembad. Ons groet die Kgalagadi, die warm droë, mooi plek.
Die was by homeschoolers op Kanon eiland waar ons lekker gerus het en die laaste paar dae van vakansie geniet het!
En nou die pad terug huis toe...
Subscribe to:
Posts (Atom)